Markets

ONS DEELNAME AAN MARKTE

U het ons heel waarskynlik die eerste keer by ‘n mark raakgeloop.  Toe gehou van die konsep en dit oorweeg om ons uit te toets.  Pretoria Voedsel Koöperasie is verbind tot ons gemeenskapsmarkte.  Dit bied aan ons die geleentheid om ons lede persoonlik te ontmoet en sommer padlangs te gesels.  Op hierdie markte luister ons graag na wat ons lede vir ons wil sê.

Ons hou ook daarvan om die markte te ondersteun en so te help om ‘n sterker gemeenskapsgees in Pretoria te skep.  Dit is nodig dat ons as gemeenskap weer hegter saamwerk ter wille van ons toekoms.

Indien u graag wil he dat Pretoria Voedselkoöperasie aan ‘n mark in u omgewing moet deelneem laat ons asseblief weet.  Ons sal gereeld op hierdie blad u ingelig hou oor waar die koöperasie volgende sal wees en sommer ook interesante resensies oor ander deelnemers aan u deurgee.