Ons lewer af by u huis of werk

Van ons koöperasielede het hul bereid verklaar om die mandjies by ons lede te gaan aflaai om dit maklik te maak vir almal.  Dieselfde lede help ook om die mandjies te pak.

Die koöperasie beloon hulle vir die brandstof en slytasie op hul voertuie en ook vir hul tyd en moeite.  Dit is nie lonend vir hulle nie aangesien die koöperasie se lede vêr uitmekaar woon.  Soos wat die ledetal toeneem sal hierdie situasie verbeter.

U kan aflewerings kies om u behoefte te pas deur aan te dui of u weekliks , elke twee weke of maandeliks u mandjie wil ontvang.

Dit is ook belangrik dat u die koöperasie moet laat weet indien u op vakansie gaan of ‘n mandjie wil oorslaan.  Dit is hartseer indien die afleweraar nie die mandjie kan aflewer nie en word onnodige produk aangekoop en koste aangegaan.  Al wat u hoef te doen om ons te laat weet is om op die skakel hieronder te klik en die kort vormpie te voltooi.