LIDMAATSKAP VAN DIE KOÖPERASIE

MEMBERSHIP OF THE CO-OPERATIVE

​Dit is baie maklik om ‘n lid van die koöperasie te wees.  U vul ‘n baie kort aansoekvorm in deur die skakel hierbo te volg.  Anders kan u kom aansluit by een van ons stalletjies by die gemeenskapsmarkte.  U kan ons ook bel, dan kom besoek ons u en voltooi die vorm.

Alle gelde wat deur u betaalbaar is, is ingesluit in die mandjie-prys.  Daar is dus geen ander verassings nie.  Wat u bestel, is waarvoor u betaal.  Die enigste verassing is dat u een aandeel in die koöperasie verdien vir elke mandjie wat u bestel en betaal.  Hoe meer u dus gebruik hoe meer dividend kan u verdien.

Die koöperasie wil sy kostes so laag as moontlik hou, daarom word sake baie eenvoudig hanteer.  Ons wil graag hê dat u, u mandjie-keuse uitvoer, die grootte bepaal en die frekwensie van aflewering.  Die koöperasie verhaal dus elke einde van die maand die geld van u met behulp van ‘n elektroniese transaksie, u kan ook so ‘n betaling met u bank reël.  Ons wil nie graag met kontant werk nie aangesien dit die koöperasie se aflewerings meer riskant maak, en deurdat daar vir die koöperasie ‘n groter risiko is.

Ons wil ook graag groot genoeg raak om nog meer voordele vir ons lede teen meer bekostigbare tariewe te kan lewer.  Hoe meer lede, hoe meer kan ons bied.  Daarom het die koöperasie die groei-voordeel vir lede aangebied.  Indien u ‘n vriendin, vriend of instelling aan die koöperasie voorstel en die persoon sluit aan, sal u R10.00 korting op u mandjie verdien solank daardie lid ook ‘n lid bly.  So kan dit dan later gebeur dat u deelname heeltemal gratis kan wees.  U kan ook vir die koöperasie vra om hierdie voordeel namens u aan ‘n behoeftige gesin te skenk.  Op hierdie manier kan u dan maandeliks bydra tot so gesin se voedsel-sekuriteit.

KONTAK ONS

​Alet Van Altenaalet@ptavoedsel.co.za0837985761
​Ferdi Roodtadmin@ptavoedsel.co.za​0726015532
​Jurie Van AltenaJurie@ptavoedsel.co.za0734825775

It is very easy to become a member of the co-operative.  Complete the electronic application form by clicking on the button at the top of this page.    You can also request that an application form be sent to you.  You can also visit us at one of the market stalls when we visit your local community market days.  You can also phone or e-mail us.  We are even willing to come and visit you to assist n the application process.

All monies payable by you is included in the basket prices.  There are no extra surprises.  What you order is wat you will get.  The only surprise is that you will earn a share in the co-op for each basket that you order.  The longer you remain a member, the bigger the dividend that you can earn.

The co-operative wants to keep costs down and threfore we strive to standardise and make it easy.  Please select your type of basket, the size thereoff and the delivery frequency.  The co-op will collect or receive your monthly payment and will deliver accordingly.  We prefer not to handle any cash because of the safety factors involved with cash-handling.

We would like to become big enough to increase our offering to members.  Size does matter.  The more members we are, the more benefits can be enjoyed by all.  To achieve this goal we would like to enlist your help by offering you a benefit when you introduce new members to us.  For every member that you introduce, we will grant you a discount of R10.00 on your basket for as long as that member remains active.  If you introduce enough friends, your basket can even be free.  You can also request the co-operative to donate this benefit to a charity of choice and thus ensure that a needy family receives good food regularly.

CONTACT US

Alet Van Altenaalet@ptavoedsel.co.za0837985761
​Ferdi Roodtadmin@ptavoedsel.co.za​0726015532
​Jurie Van Altenajurie@ptavoedsel.co.za​0734825775