Baskets

WAT WORD BEDOEL MET ‘N MANDJIE?

In Suid-Afrika gebruik ons al lankal nie meer mandjies nie.  Ons hou egter van tradisie en omdat meeste voedselkoöperasies nog steeds verwys na hul pakette as mandjies, gaan ons in hierdie tradisie voortsit.  As die koöperasie dus verwys na ‘n mandjie, dan word daar verwys na die voedsel wat by u afgelewer word, hetsy in ‘n krat, sak of kartondoos.  Ons gebruik die term mandjie ook om na produk keuses te verwys.  So kan u byvoorbeeld ‘n groentemandjie bestel, of ‘n vrugtemandjie of ‘n blikkies mandjie ensovoorts.

Nou, terwyl ons nog jonk is probeer ons vir eers om te standardiseer op ‘n paar mandjies, sodat ons die verpakking en aflewering mooi kan uitsorteer.  Ons bied dus op die oomblik vier soorte mandjies aan, naamlik die groente-mandjie, die vrugte mandjie, die gemengde mandjie en die sogenaamde Jumbo mandjie.  Die gemengde mandjies kan ook in ‘n luukse formaat bestel word (Die groente en vrugte is verder verwerk). U kan egter op twee maniere verseker dat u presies kry wat u benodig deur te spesifiseer of dit die standaard mandjie moet wees of die groter familie mandjie.  U kan ook aandui of u dit weekliks, een maal per maand of elke twee weke afgelewer wil hê.

Die koöperasie het ‘n paar eksperimente uitgevoer met die verpakking en ‘n verskeidenheid kartondose en plastiek kratte is beproef, elkeen met sy eie voor- en nadele.  Die kartondoos wat goed werk, het die nadeel dat dit ekstra tyd in beslag neem met die pakkery om die doos te vou en gereed te maak vir die groente,  aan die ander kant het die koöperasie slegs een kartondoos nodig per aflewering.  U kry dus elke aflewering ‘n splinternuwe kartondoos wat u dan na die tyd vir iets anders kan gebruik.  Hierdie kartondose is egter duur en beskadig maklik tydens hantering.  Ons het ook die platiese krat opsie ondersoek en gevind dat elke lid waarskynlik twee kratte sal moet hê in die koöperasie.  Wanneer die een afgelaai word moet die volgende een weer opgelaai word.  Die voordeel is dat hierdie kratte oor en oor gebruik kan word, daar is dus heelwat minder vermorsing.  Hierdie kratte is egter duur en beteken dit dat dit ‘n hele klompie geld gaan kos om vir elke lid uit die staanspoor twee kratte aan te koop.  ‘n Verdere voordeel is natuurlik dat die plastiese kratte stewiger is en nie beskadig tydens die hantering daarvan nie.  Een plastiek krat se koste is gelykstaande aan tien kartondose.  Ons oorweeg ook die opsie om die groente by aflewering uit die krat te haal en dadelik die krat terug te neem, dan is slegs een per lid nodig.

Mandjie naamBeskrywingPrys
A-Klein (Slegs groente)Genoeg groente vir 'n gesin van 2 tot 3 vir 'n week. Tussen 6 tot 10 verskillende items van groente wat in seisoen is.R350.00
A-Groot (Slegs groente)Genoeg groente vir 'n gesin van 4 tot 6 vir 'n week. Tussen 8 tot 12 verskillende items van groente wat in seisoen is.R480.00
B-Klein (Groente en vrugte gemeng)Genoeg vrugte en groente vir 'n gesin van 2 tot 3 vir 'n week. Tussen 9 tot 12 verskillende items van vrugte en groente wat in seisoen is.R350.00
B-Mikro (Groente en vrugte gemeng)Genoeg vrugte en groente vir 2 vir 'n week. R250.00
B-Groot (Groente en vrugte gemeng)Genoeg vrugte en groente vir 'n gesin van 4 tot 6 vir 'n week. Tussen 10 tot 13 verskillende items van vrugte en groente wat in seisoen is. R480.00
A-Mikro (Slegs groente)Genoeg vrugte en groente vir 2 persone vir 'n week. R250.00
C-Klein (Slegs vrugte)Genoeg vrugte vir 'n gesin van 2 tot 3 vir 'n week.R350.00
C-Mikro (Slegs vrugte)Genoeg vrugte vir 2 persone vir 'n week.R250.00
Jumbo mandjie (hierdie tipe mandjie plaas die ko-op op risiko en word streng keuringsvoorwaardes gestel)Die Jumbo mandjie is vir die gesin of instansie met 'n groter varsprodukte behoefte. U kan die standaard items wat in seisoen is bestel in groter hoeveelhede. So kan u byvoorbeeld 'n hele sak aartappels of uie of 'n kissie tamaties bestel.U bestellings moet die kooperasie bereik voor 16:00 op Dinsdae. Prys word bepaal deur die aankooppryse.
Eiers. Eiers sal eer weer in Desember beskikbaar wees.U kan eiers bestel in groottes van 18 of 30. Dit word addisioneel bestel en gefaktureer.18 eiers @ R39 00, en 30 eiers @ R65.00

TOEKOMSTIGE MANDJIES. Die koöperasie het ook planne om die verskillende soorte mandjies uit te brei en word die volgende ondersoek;

  • ‘n Blikkies-mandjie.  Hierdie mandjie sal die standaard blikkies-kos wat u elke maand aankoop bevat.  Die mandjie sal gepak word volgens u bestelling en saam met die ander mandjies afgelewer word.  Deur die massa-aankoop voordeel te benut sal u dus ook heelwat spaar deur op hierdie manier te koop.
  • ‘n Verwerkte vleis mandjie.  Ham, salami, wors, biltong en sulke verwerkte vleis sal in hierdie mandjie ingesluit wees.  Daar kan ook eiers en kaas en botter ingesluit word.
  • ‘n Vars vleis mandjie.  Sodra die koöperasie se koue-stoor kapasiteit uitgesorteer is sal hierdie mandjie ook bekend gestel word.  U sal vleis, hoender en ander vars vleis so kan bestel.
  • Troeteldier mandjie.  U kan ook die maandelikse behoefte na troerteldierkos by u huis afgelewer kry.  U hoef nie meer met die groot sakke en ander ongerieflike houers in die supermark te sukkel nie.
  • Seep-mandjie.  Hierdie mandjie sal die standaard sepe en skoonmaakmiddels bevat wat u maandeliks nodig kry.

Die koöperasie se doelwit met al die mandjies is om u te bevry van die oorlaaide trollies in die supermark en die lang gewag in die rye.  Kry al hierdie standaard produkte afgelewer by u huis en dan kan u vir ‘n slag u inkopietog aan die einde van elke maand gebruik om die duurder en belangriker inkopies te geniet.

WHAT IS MEANT WITH A BASKET?

In South Africa we have not used hessian or reed baskets for a long time.  However, we do love traditions and because most other food co-operatives still refer to their wares as baskets we have retained the tradition. So when the co-op refers to a basket it refers to the food being delivered, either in a crate, bag or carton box at the address. We also use the term “basket” to refer to a product choice which may be it a vegetable basket, a fruit basket, a tin basket and so on.

Now whilst we are still young we try to standarize on a few baskets, so we may sort out the packaging and delivery modes.  We therefore presently offer four types of baskets, namely a vegetable basket, fruit basket, mixed vegetables and fruit and the Jumbo basket. The mixed basket can also be ordered in a luxury version where the fruit and vegetables are processed further to save the chef time and effort.  You may however be assured that you will get what you want by specifying whether you want the “Standard” basket or the bigger one. You can also stipulate the delivery frequency such as weekly, fortnightly or monthly.

The co-op did try a few types of packaging such as various carton boxes and plastic crates, each with their own pro’s and con’s. After testing and the report back from our early “guinea pig” members, we decided to keep to the plastic crates as the best option for now. To make the ease of handling and also saving time during the whole process, we decided that it would need two crates per member/consumer. This means we just exchange the crates every time a delivery is made and furthermore these being sturdier than carton boxes, last longer and can be used over and over. The negative about these crates is that they are expensive and that it will be difficult to issue each member/consumer wit two crates immediately. We are also looking at the option of only having one crate per member/consumer and just empty it at delivery and take it back to the central packaging point.

FUTURE  BASKETS: The co-op also has plans to expand the types of baskets and the following is being investigated:

  • A tin basket: This basket would contain all the tin food you purchase on a monthly basis. The basket would be packed according to your wishes and delivered together with the other basket(s). Through the bulk buying this could mean quite a saving to the member/consumer.
  • A processed meat basket: Ham, salami’s, sausages and biltong and such processed meats will be included in this basket. Eggs, dairy and cheeses may also be included in this basket.
  • A fresh meat basket: As soon as the cold storage capacity of the co-op has been established, this basket may be introduced and offered to our members. This way you could order beef, chicken and other types of meat in the future.
  • A pet food basket: You may satisfy the need for pet food in this way and also have delivered it to your place. This would avoid you having to lumber with big bags and uncomfortable containers in the various supermarkets.
  • A soap basket: This basket would contain all the soaps and cleaning material needed for the month for the household.
    The co-op’s aim is to free you of the hassle of over burdened trolleys and the long waiting lines in the supermarket. Get all these type of baskets and enjoy the outing to the supermarket for the more expensive and beautiful items on their racks.