
ONS IS TOEKOMSGERIG
Die voedselkoöperasie hou sy vinger op die pols van wêreldgebeure en ook gebeure in ons land. Ons is bewus daarvan dat voedselsekerheid ‘n probleem gaan word in Suid Afrika en ook in Afrika. Net soos u is ons ook besorg oor die invloede van plae, gifstowwe en manipulasie van genetiese materiaal. As koöperasie sal ons u ingelig hou oor hoe dit u sal raak in die toekoms.
Die koöperasie voorsien ook dat daar ‘n voedselkoöperasie in elke dorp van Suid Afrika sal ontstaan en is ons bereid om sulke koöperasies by te staan en ons lesse met hulle te deel. Samewerking tussen sulke koöperasies sal al die lede tot voordeel strek.
Die Pretoria Voedsel koöperasie beplan ook om in die nabye toekoms koöperasiewinkels in en om Pretoria te open. Daar is alreeds ‘n plek ge-identifiseer in die Ooste van Pretoria waar die eerste koöperasiewinkel en boeremark gevestig gaan word.
